Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Dit was 'n goeie besluit om die tolhuis oop te hou, sê Ken Gie, waarnemende voorsitter van die Vriende van die Tolhuis.
Dié naweek (27 en 28 Januarie) is die tweede naweek wat die historiese gebou, wat meer as 170 jaar oud is op Saterdae en Sondae van 8:00 tot 14:00 oop is. "Die nuwe reëling werk goed," het Gie vanoggend gesê.
Volgens hom is mense se reaksie dat die tolhuis mag nie sluit. Tydens George Herald se besoek vanoggend het talle besoekers opgedaag. Hulle het koffie gedrink en heerlike pannekoek geniet.
Onder die besoekers was mense selfs sover as van Gauteng en Noordwes. Van die besoekers het gesê dis belangrik dat die Montagupas weer oopgestel word.
Die tolhuis vanoggend.
Foto's: Eugene Gunning
VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’