Update
GEORGE NUUS - Die plaaslike tandarts, dr. Ian Venter, sal eerskomende Woensdag sy lot aanhoor.
Venter word daarvan aangekla dat hy op die aand van 11 April 2015 'n seun, toe 13 jaar oud, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het.
Hy het in Januarie in die Mosselbaai-landdroshof verskyn waar Streeklanddros Francis Makamandela, bevestig het dat sy haar uitspraak op 11 April in die George-streekhof, sal lewer.
Minagting van die hof
Venter, wat ook van minagting van die hof aangekla word, het op Vrydag 6 April vlugtig in die Thembalethu-streekhof verskyn.
Die saak is na 20 April uitgestel, omdat die staat nie die dossier gehad het nie.
Venter, wat 'n vier jaar vonnis van korrektiewe toesig uitdien, is in Mei verlede jaar by sy praktyk in die middedorp in hegtenis geneem op klagtes van minagting van die hof nadat dit aan die lig gekom het dat hy steeds kinderpasiënte behandel.
Hy is in November 2014 gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 'n seksklag waarby 'n minderjarige seun, toe 15 jaar oud, betrokke was.
Lees vorige artikels:
- Streekhofdatum vir tandarts Ian Venter
- Tandarts na streekhof vir minagting
- Tandarts se lot in April bepaal
- Dentist case progression like pulling teeth
- Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
- Opvolg: Ian Venter-saak
- Saak teen Ian Venter uitgestel
- Tandarts volgende week in hof
- Tandarts in hof oor kinder-pasiënte, kry borgtog
- Plaaslike tandarts kry borg
- Plaaslike tandarts vandag weer in hof
- Dr. Ian Venter gearresteer
- Ian Venter-saak wéér uitgestel
- Ian Venter-saak later weer in hof
- Opvolg: Tandarts ontken betasting
- Tandarts ontken betasting
- Ma van tienerseun getuig
- Tandarts-saak: Ma van slagoffer getuig
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'