Update
GEORGE NUUS - Sydney Opperman was Saterdagaand in Kaapstad by die 18de jaarlikse Kultuursake-toekennings een van die ontvangers van die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, se spesiale toekennings vir sy bydrae tot die transformasie van die erfenislandskap.
Opperman is tans die voorsitter van die Wes-Kaapse Geografiese Name-komitee en is al vir die afgelope ses jaar 'n lid.
As voorsitter in die provinsie, is hy ook lid van die Nasionale Geografiese Name-komitee.
Hy was ook betrokke by die stigting van die Fondasienasie Restourasienetwerk (FNR) wat betrokke is by bewusmaking van die kultuurerfenis.
Die toekenningsteken wat deur Heath Nash, 'n wêreldbekende ontwerp-filosoof en maatskaplike en omgewingskunstenaar ontwerp is, is 'n spekulatiewe hervoorstelling van die Blombos-oker as 'n stuk wat deel uitmaak van 'n groter antieke werk. Die sikreetvlokkie met kruismerke wat daarop in oker gemaak is, word beskou as die vroegste bewys van 'n rotstekening in die argeologiese rekord.
"Die erfenis van die Quena / Otentottu op klip en wat bestaan uit klip, moet nog in diepte bespreek word as deel van ons kaart en transport terwyl daar links en regs grond uitgedeel word," is Opperman se mening.
Lees vorige artikels hieronder:
- A salutation to real heroes
- The Quena and the influence of Goa (Part 3)
- The Quena and the influence of Goa (Part 2)
- The Quena and the influence of Goa
- The Quena and the world-wide impact of sun worship
- The Quena Identity (continued)
- The Quena Identity
- The Otentottu and their tribes
- The Otentottu and the land question
- The Otentottu identity
- The 'Khoi-San' identity
- The 'San' identity
- Our calling
- Calling of 'brown' people
- 'Brown' identity: Khoi-San a 'thumb-suck' name
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'