GEORGE NUUS - Heroldsbaai-stranddiens se gemeenskapsdiens aan kinders en vakansiegangers oor Desember strek reeds oor twee dekades. Hierdie inisiatief groei onder die vaandel van NGK Bergsig-gemeente met 'n span van tieners, saamgestel uit verskeie gemeenskappe.
Die tieners word oor ses maande opgelei vir hierdie hartstaak.
"Hulle reël ook projekte om geld in te samel, nie net om kinders in Heroldsbaai oor Desember met hul gawes te dien nie, maar ook om verskeie uitreike en organisasies in die plaaslike gemeenskap te dien," het ds. Douglas Stanley gesê.
"In die proses groei die jong dinamiese leiers nader aan mekaar, aan God en die gemeenskap. Die doel is om God se liefde uit te leef en getuies te wees van hoe Hy lewens verander."
Die stranddiensprogram bestaan uit aktiwiteite vir die hele gesin. Dit behels onder meer strandspele in die oggende, poppekas in die middag en 'n sokkie en twee koffiekroeg geleenthede in die aand vir tieners en studente.
"Ons nooi graag elke gesin, vakansieganger en kind om te kom deel in vanjaar se program. Ons sien uit om Jesus se liefde op praktiese en tasbare maniere te leef sodat mense deur ons vir God sal beleef," het Stanley gesê.
Besoek hul Facebook-/Instagram-blad vir meer inligting oor die program, die span en waarmee hulle besig is.
Vir meer inligting, kontak ds. Douglas Stanley by 072 951 7687 of Marené Pretorius by 076 303 9293 vir enige navrae.
Program
15 en 22 Desember:
Strandspele (10:30 - 12:00)
16, 17, 19, 20 en 21 Desember:
Strandspele (10:00 - 11:30)
15 en 22 Desember:
Poppekas in die Jeugoord (15:00 - 16:00)
16, 19, 20 en 21 Desember:
Poppekas in die Jeugoord (14:30 - 15:30)
16 en 19 Desember:
Koffiekroeg (19:00 - 20:30)
21 Desember:
Carols by candlelight (19:00)
20 Desember:
Sokkie (19:00 - 21:00 )
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’