GEORGE NUUS - Komende Saterdag 21 Oktober is daar 'n straatkollekte vir Change for Hope en die publiek moet uitkyk vir die kenmerkende groen T-hemde van die vrywilligers wat by verkeersligte in George gaan blikkies skud.
Change for Hope, 'n projek van People Against Substance Abuse (Pasa), is in Mei vanjaar geloods om geld in te samel wat aangewend word om mense op straat wat aan dwelms of drank verslaaf is, te help om weer by die samelewing in te skakel.
Kontak Freddy Trout by 071 090 4450 vir meer inligting oor Pasa en Change for Hope.
Hy doen 'n beroep op vrywilligers om komende Saterdag met die kollekte te help.
Lees 'n verwante artikel: Change for Hope launch successful
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'