Update
GEORGE NUUS - Daar is slegs een verdagte in die moord van Theodore Roman (51) van Delvillepark, wat verlede week by sy drankwinkel in Borcherds doodgeskiet is.
Dít is vroeër vandeesweek deur die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt Malcolm Pojie, bevestig.
"In hierdie stadium word daar net een verdagte met die moord op Roman verbind. Die ondersoek duur voort. Na mate die ondersoek voortgaan en uitbrei bestaan die kans dat nog verdagtes met die saak verbind kan word."
Roman, 'n bekende sakeman in die omgewing, is omstreeks 09:00 Maandagoggend, 22 Januarie by Boeta's Corner in Nelson Mandela-boulevard, tydens 'n rooftog vermoor.
Die verdagte, Luvuyuo Dondashe (43), het met slegs 'n boks glase, wat hy vermoedelik met 'n boks geld verwar het, gevlug.
Lees vorige artikels:
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'