Breaking News Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Rubberkoëls, skokgranate en traangas is vanoggend op 'n stuk veld in New Dawn Park gebruik om die gemeenskap onder bedwang te hou terwyl amptenare van die anti-grondbesettingseenheid onwettige strukture afbreek.
Die span het pas onttrek terwyl 'n groep sekuriteitsbeamptes 'n ogie hou.
Na al die gebeure is die gemeenskap tans besig om hul volgende stap te bespreek.
Dit wil voorkom of hulle nog protesaksies beplan.
Die kwessie gaan oor grond en behuising.
Terugvoer van die provinsiale regering word verwag.
Kyk drie video's hieronder.
Die plekkies word afgebreek.
Lees vorige artikels:
- Protesgangers terug huistoe om te bou
- Meer inwoners sluit aan by optog in Beachweg
- New Dawn Parkers te voet na munisipaliteit
- Opvolg: New Dawn Park-protesaksie
- Hofbevel op ys
- Belangegroep en amptenare koukus
- Belangegroep vra opstokers om te bedaar
- Onderburgemeester vergader met belangegroep
- Opvolg: Protesaksie in New Dawn Park
- Protesaksie in New Dawn Park
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'