GEORGE NUUS - New Dawn Parkers is tans besig om van hul woonarea na die munisipale kantoor te stap.
Die doel is glo om met George-burgemeester, Melvin Naik, te praat. Volgens hulle sou Naik hulle glo kom sien vandag, maar het hy nie opgedaag nie.
Die groep word begelei deur George-verkeer en die polisie.
Munisipale woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, het bevestig dat geen vergadering met Naik geskeduleer is nie. Sy het ook bevestig dat die grond waar die inwoners tans onwettige strukture opgerig het, aan die provinsiale regering behoort. Navrae in die verband is aan Byron la Hoe, woordvoerder van die departement van vervoer en openbare werke gestuur.
Lees verwante artikels:
- Opvolg: New Dawn Park-protesaksie
- Hofbevel op ys
- Belangegroep en amptenare koukus
- Belangegroep vra opstokers om te bedaar
- Onderburgemeester vergader met belangegroep
- Opvolg: Protesaksie in New Dawn Park
- Protesaksie in New Dawn Park
New Dawn Parkers oppad na die George Munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'