GEORGE NUUS - Na 'n vergadering van bykans 80 minute het die munisipale bestuurder, Trevor Botha, onderneem om nie onmiddellik 'n hofbevel te bekom vir die uitsetting van drie gesinne wat tans 'n stuk grond in New Dawn Park beset nie.
Volgens die belangegroep is daar verder deur die munisipaliteit onderneem om aansoek by provinsie te doen om die grond, wat blykbaar aan die provinsiale regering behoort, aan die munisipaliteit oor te dra.
"Dit beteken hulle kan dan die proses begin om aansoek te doen vir die ontwikkeling van die grond," het Dalene Valentine gesê.
Die groep is vreedsaam by die munisipale gebou weg.
Lees vorige artikels:
- Belangegroep en amptenare koukus
- Belangegroep vra opstokers om te bedaar
- Onderburgemeester vergader met belangegroep
- Opvolg: Protesaksie in New Dawn Park
- Protesaksie in New Dawn Park
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'