Update
GEORGE NUUS - Die oproerigheid in New Dawn Park hou glo verband met die anti-grondbesettingseenheid wat die gemeenskap omkrap.
Die versoek van 'n belangegroep is om die beamptes te verwyder.
Verkeershoof Donovan Saptoe het pas aangedui dat traangas gebruik is om die betogers uiteen te jaag. Na bewering is iemand met 'n klip gegooi.
Die versoek op die tafel, van die belangegroep, is om die mense toe te laat om op die veld te bly tot die burgemeester hul kan sien.
Saptoe het gesê dié tipe toestemming is buite sy jurisdiksie.
Saptoe het die belangegroep gevra om die mense te versoek om Proteastraat te verlaat en na die veld te gaan. Die GO GEORGE-busdiens kan nie die pad gebruik en inwoners huistoe neem nie.
Een lid van die groep het 'n oproep gemaak en gevra dat die oproeriges ophou om bande te brand.
Volgens die een verteenwoordiger is die mense keelvol en soek hulle antwoorde van die burgemeester.
Lees vorige artikels:
- Onderburgemeester vergader met belangegroep
- Opvolg: Protesaksie in New Dawn Park
- Protesaksie in New Dawn Park
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'