Breaking News Gallery Video
GEORGE NUUSFLITS EN VIDEO - ‘n Man is vanoggend in ‘n drankwinkel in Nelson Mandela-boulevard, Borcherds doodgeskiet.
Die oorledene is drie keer in sy bors geskiet.
Die polisie het van wat verneem word reeds een verdagte aangekeer en op ‘n vuurwapen beslag gelê.
Nog ‘n verdagte het op die vlug geslaan en word gesoek.
Die motief vir die moord is onbekend.
Die polisie en forensiese deskundiges is tans op die toneel.
Meer inligting sal volg soos dit beskikbaar word.
Kyk videos hieronder.
Die moordtoneel.
Die polisie en forensiese deskundiges is tans op die toneel.
Die motief vir die moord is onbekend.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'