Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - George se inwoners het in die algemeen goed gereageer op die algehele inperking wat sedert middernag van toepassing is.
Die middedorp was vanoggend aansienlik stiller as gewoonlik op ‘n Vrydagoggend.
Daar was wel mense wat al van vroeg tougestaan het om noodsaaklikhede te koop. Enkele hawelose mense is ook opgemerk.
Onder hulle was Willie Jantjes (76). Hy het gisteraand buite geslaap omdat hy nie ‘n ander heenkome het nie.
By die Garden Route Mall was dit spookagtig stil en die meerderheid winkels was gesluit. Net enkele winkels soos ‘n apteek en plekke waar noodsaaklikhede soos groente, vrugte en kruideniersware gekoop kan word, was oop.
Fotogalery: George is so stil!
Besoekers kon kies en keur tussen parkeerplekke. Dit was in teenstelling met die afgelope paar dae toe winkels druk besoek is.
Een van die groot vrae wat mense gevra het, was waar hulle maskers kon kry?
Kyk video's hieronder:
Die drie werkers by 'n motorhawe in die middedorp het vanoggend fluks voortgegaan met hul werk. Die gevoel in die algemeen is dat mense die reëls gehoorsaam. Hulle het verkies dat hul name nie genoem word. Foto: Eugene Gunning
Die Garden Route Mall se kruising was nog nooit so veilig nie. Foto: Kristy Kolberg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'