Update Video
GEORGE NUUS - Asof die grusame moord op hul ma nie reeds ondraaglik was nie, is die familie van Joan Singrew verder gekrenk toe haar moordenaars ná hul vonnis middelvingers in hul rigting wys terwyl hulle na die hofselle onder die hof gelei is.
Duane Singrew (47) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis, terwyl Heinrich Jumat (46) 20 jaar tronkstraf opgelê is.
Terwyl regter André le Grange die vonnis voorgelees het, het Singrew van tyd tot tyd gesigte getrek, sy wenkbroue gelig en sy skouers opgetrek. By tye het dit voorgekom asof hy ’n byna traak-my-nie-agtige houding inneem, wat skerp gekontrasteer het met die erns van die verrigtinge.
Kort voor vanoggend se hofverrigtinge begin het, is ’n man uit die rondgaande hooggeregshof verwyder nadat hy betrap is toe hy ’n verdagte pakkie, vermoedelik dagga, aan Jumat in die beskuldigingsbank oorhandig het.
’n Hofordonnans het die oorhandiging opgemerk en die verdagte onmiddellik na die hofselle onder die hof geneem.
Dit was nie onmiddellik duidelik of Jumat ’n bykomende klag in die gesig sal staar nie, aangesien die pakkie in sy besit gevind is.
Die voorval het egter ernstige vrae laat ontstaan oor die doeltreffendheid van sekuriteit by die hof. Lede van die publiek moet by die ingang deur ’n metaaldetektor beweeg en hul sakke word deursoek, wat die insident meer kommerwekkend maak.
Heinrich Jumat hou sy kop vas na sy en Duane Singrew se vonnisoplegging. Foto: Lizette da Silva
Dogter van wyle Joan Singrew, Monique van Beulen, saam met ’n groep ondersteuners ná afloop van die hofverrigtinge. In ’n onderhoud met George Herald het sy gesê sy voel verlig en tevrede met die uitspraak, hoewel dit haar ma nie sal terugbring nie. Sy het bygevoeg dat geregtigheid vir die kinders en familie geskied het en die familie nou kan begin om vorentoe te beweeg. Sy het Advokaat Evadné Kortje, die gemeenskap, familie en vriende, ondersteuners, die ondersoekbeampte, die polisie en die Staat bedank vir hul ondersteuning deur die saak.
VIDEO: ’n Gemeenskap in gebed ná die vonnisoplegging van Duane Singrew (47) en sy neef, Heinrich Jumat (46), vir die moord op Joan Pamela Singrew (53) in die rondgaande hoogeregshof in George vroeër vandag, Vrydag 10 April.
Duane Singrew en sy neef, Heinrich Jumat met hulle middelvingers na die familie van Joan Singrew. Foto:Lizette da Silva
Vorige artikels:
- Joan Singrew-moord: man en neef môre gevonnis
- Duane Singrew guilty of murdering his wife
- Singrew-moord: Man en neef skuldig bevind
- Singrew-moord: Ford Figo en bloedspore sentraal in staat se saak
- Slotbetoë wag in Singrew-moordsaak
- Joan Singrew murder: Husband's movements scrutinised
- Man getuig oor sy bewegings toe Joan Singrew verdwyn
- Joan Singrew murder trial: Accused brings application for discharge
- Joan Singrew murder: CCTV evidence presented
- Geweld voor Joan se dood
- Joan Singrew murder trial starts in high court
- Joan Singrew-moordverhoor begin eersdaags
- Joan Singrew murder: Two suspects arrested
- Body found on birthday
- Familie bevestig liggaam van Groot-Brak is dié van Joan Singrew
- Vrou se lyk op Groot-Brak gevind
- George woman reported as missing
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’