Update
GEORGE NEWS - 'n Emosionele kruisverhoor het dié week die prentjie van spanning en beweerde geweld in die huis van die vermoorde Joan Singrew (53) geskets.
Haar man Duane Singrew (46) en sy neef Heinrich Jumat (45) staan onder andere tereg op aanklagte van moord en ontvoering ná Joan se liggaam in November 2024 in Groot-Brakrivier gevind is.
Die hof het vroeër gehoor dat DNS-toetse bevestig het dat bloed in die Singrews se Rosemoor-woning én in die wit Ford Figo wat Singrew bestuur het, aan Joan behoort.
Sy is verwurg en haar liggaam is gevind vier dae nadat sy as vermis aangemeld is.
In die voortgesette kruisverhoor van Dinsdag 18 November, het Joan se dogter, Monique van Beulen, getuig van konflik in die huishouding.
Sy het getuig dat Singrew, wanneer hy en haar ma gestry het, dit ook op haar uitgehaal het.
Van Beulen het verder getuig dat Singrew redes gesoek het om haar uit die huis te kry en dat sy ma se huweliksprobleme vererger het ná 'n beweerde buite-egtelike verhouding.
Sy het gesê die paartjie het dikwels voor haar gestry. Joan, wat as 'n skoonmaker vir Go George gewerk het, sou op die dag van haar verdwyning klagtes teen haar man lê.
Vorige artikels:
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’