Breaking News Update
GEORGE NUUS - Die vermoede dat die lyk van 'n vrou wat vroeër die week in Groot-Brakrivier gevind is, die liggaam is van Joan Singrew (54), is gisteraand, Dinsdag 26 November, deur haar familie op 'n Facebook-plasing bevestig.
Singrew van Rosemoor in George, is Donderdag 21 November omstreeks 07:30 laas by haar huis gesien.
'n Familielid het op sosiale media gedeel dat Singrew Donderdag om 11:00 by die werk moes aanmeld, maar nooit opgedaag het nie.
Sy is dieselfde dag deur haar dogter as vermis by die Conville-polisie aangemeld.
Op Maandag 25 November, die eerste dag van die 16 dae van Aktivisme-veldtog, is Singrew se liggaam in Groot-Brakrivier gevind.
Haar liggaam is in ‘n gebied, bekend as die voetpad-area, duskant Pick n Pay in die bosse gevind.
Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met Singrew se moord nie.
Volgens inligting wat deur George Herald bekom is, blyk dit dat sy verwurg is.
George Herald het uitgereik na die familie deur 'n familievriend en kommentaar word afgewag.
Die plasing wat Dinsdagaand deur 'n familielid op Facebook gemaak is.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’