GEORGE NUUS - Die sosiale rehabilitasie sentrum vir haweloses is stadig maar seker besig om vorm aan te neem. Die sentrum se beplanning is reeds 'n geruime tyd in aanloop.
Die beoogde grond vir dié ontwikkeling is aan die onderpunt van Markstraat, naby die treinstasie.
Volgens André Olivier van Cremhog wag hulle tans vir 'n finale kontrak van George-munisipaliteit. "Die hersonering van die grond is afgehandel, die planne word tans voorberei en die finansiering vir die oprigting van die sentrum is reeds bekom. Nou moet ons net 'n kontrak hê voordat ons kan begin."
Cremhog en NG Kerk Bergsig het verlede jaar op 19 Desember 'n Kersete aan 80 hawelose persone en werksoekers gegee. Elkeen het 'n heerlike ete geniet, met Kerssang in die agtergrond.
'n Aantal individue het skoene ontvang wat deur Old Mutual Care en Share geborg is. Elke gas het 'n kospakkie ontvang om hulle te help oorleef tydens die feestyd. Volgens Olivier was die gaste uiters dankbaar oor die gebaar.
'n Aantal individue het skoene ontvang wat deur Old Mutual se uitreikprogram, Care and Share, geborg is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'