Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die polisie is op soek na 'n verdagte man ná 'n vrou se beursie verlede Vrydag uit haar handsak by Heatherpark SuperSpar gesteel is. Die verdagte het haar na bewering in die winkel agtervolg waarna sy by die tydskrifrak beroof is.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, was daar sowat R2 000 kontant en bankkaarte in die beursie.
Op geslotekringtelevisie-beeldmateriaal, wat op sosiale media gesirkuleer word, kom dit voor asof 'n man die vrou se aandag aftrek terwyl 'n ander man die beursie steel.
Gerugte op sosiale media dat twee verdagtes in verband met dié voorval in Plettenbergbaai vasgetrek is, kon teen druktyd nie bevestig word nie. Die bestuur van die winkel wou nie kommentaar lewer nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'