Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die George Besigheidskamer het Donderdagaand (28 Oktober) die eerste keer in meer as 19 maande 'n openbare geleentheid gehou. Dit kon nie die afgelope klompie maande plaasvind as gevolg van die Covid-19 situasie.
Donderdagaand se geleentheid het die vorm van 'n Netwerkaand aangeneem en is deur sowat 110 mense bygewoon.
Tydens die geleentheid het aanwesiges 'n oomblik van stilte gehandhaaf vir slagoffers van die pandemie.
Dr. Willie Cilliers, ondervoorsitter van die besigheidskamer, het die belangrikheid van samewerking tussen plaaslike regering en die sakegemeenskap benadruk.
'n Ooreenkoms tussen die George stadsraad/munisipaliteit en die George Besigheidskamer is reeds gesluit. Dit sal na die plaaslike regeringsverkiesing inwerking gestel word wanneer die nuwe stadsraad gekies is.
Cilliers het klem daarop gelê dat die besigheidskamer los staan van party politiek.
Hy het 'n beroep op lede en mense gedoen om op Maandag (1 November) te gaan stem in die plaaslike regeringsverkiesing.
VIDEO: Eerste netwerkaand vir George Sakekamer in 19 maande
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'