GEORGE NUUS - Lede van die besigheidsgemeenskap het die voormalige voorsitter van die George-sakekamer, dr. Willie Cilliers, tydens 'n glansaand deur die George-sakekamer en Business Network International gegroet.
"Dit was tyd vir my om opsy te staan en die jonger generasie 'n kans te gee om die leisels oor te neem en die perfekte persoon is die inkomende voorsitter, Johannes Jumat. Ek glo hy het die visie en passie om dit vorentoe te vat," sê Cilliers.
Die nuwe voorsitter van die George-sakekamer, Johannes Jumat (links), saam met die uittredende voorsitter, dr. Willie Cilliers. Foto: Jacques du Toit
Volgens Cilliers is besigheid sy passie en om besigheidsmense vorentoe te sien gaan motiveer hom om die dinge te doen wat hy doen. Hy het ook genoem dat hy uiters dankbaar is vir die ondersteuning wat sy familie hom gegee het."Dankie vir die geleentheid om te kon lei, maar ek is nog nie klaar gelei (in besigheid) nie," sê Cilliers. Hy sal voortgaan om te dien as die voorsitter van die Afrikaanse Handelsinstituut.
Tydens die netwerkaand is van links: Sonia van der Merwe, die bestuurder van die George-sakekamer, Owen Groenenstein, Stefano Schoonees, Rene McLeod en Simoné van Heerden.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’