Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Legende in Suid-Afrikaanse en Blou Bul rugby is vandag 70 jaar oud.
Van verjaarsdag vier is daar egter nie sprake want Wynie Strydom moet seker maak dat alles in die rugby by die George Tens Sport en Leefstylfees klop disselboom verloop.
Strydom het in veral Blou Bul-rugby diep spore getrap. Hy her onder meer vir die Blou Bulle se top span uitgedraf. In daardie dae was Thys Lourens die kaptein. Later het Strydom ook sy merk in die administrasie van Blou Bul-rugby gemaak.
Strydom het vandag aan die George Herald gesê dis 'n voorreg om almal weer by die fees te sien. Hy gee nie om op sy verjaarsdag te werk nie. Rugby is sy passie. Hy sal by rugby betrokke wees solank dit nog vir hom lekker is.
"Op die oomblik is dit nog vir my lekker," sê hy.
Strydom is nie van plan om halt te roep en hy is nog gesond. Hy het hoop vir Suid-Afrikaanse rugby. By die huidige fees het twee dinge vir hom uitgestaan - die gretigheid van die spelers om weer rugby te speel en voorts die vaardighede van die spelers.
Wynie Strydom en Jannie Stander, bekende boer van George, het vandag mekaar gegroet by die George Tens Sport en Leefstylfees. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'