GEORGE NUUS - Die probleem by die Erf-325 behuisingsontwikkeling in Rosedale hou verband met die Outeniqua-watersuiweringswerke wat tans 'n maksimum kapasiteit bereik het.
"'n Vergroting van die werke word benodig alvorens enige nuwe ontwikkeling aan die rioleringstelsel gekoppel kan word," het Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings, Tertuis Simmers, gesê.
Volgens Simmers werk hul departement kliphard in samewerking met George-munisipaliteit om steeds die eerste Flisp-huise voor Kersfees te oorhandig. Hy verwys hier na die kleurvolle Flisp-huise (Finance Linked Individual Subsidy Programme), wat gedeeltelik deur die staat en gedeeltelik deur die begunstigdes gefinansier word.
"Die departement het finansiering vir die vergroting van die rioolstelsel beskikbaar gestel en 'n kontrakteur is deur die munisipaliteit aangestel om met die bouwerk te begin. Ongelukkig moes die munisipaliteit dié kontrak weens swak vordering beëindig, en dit veroorsaak vertragings," het Simmers gesê.
"Ander opsies word tans ondersoek om die rioolstelsel te vergroot sodat rioolverbindings kan plaasvind en die huise oorhandig kan word."
Volgens Simmers is 'n eiendomsagent aangestel om met die verkope van die eenhede te begin. "Altesaam 243 begunstigdes is vooraf goedgekeur en een van die funksies van die eiendomsagent is om die status van die goedkeurings te beoordeel, aangesien sommige van hulle deur die Covid-19-pandemie geraak is," het Simmers gesê.
HOP-huise
Wat dié huise betref, wat volledig deur die staat gesubsidieer word, is die wiele stadig maar seker aan die draai. "Die hele eerste fase van 1 247 eenhede behoort teen Mei 2021 voltooi te wees, waarvan 842 huise teen daardie stadium met elektrisiteit voorsien sal wees. Ons is op die regte pad om die huise teen Desember 2021 te voltooi en te oorhandig," het Simmers gesê.
Die waglys
George-munisipaliteit is verantwoordelik vir die administrasie van begunstigdes en sal huise toewys ingevolge die raadsbesluit en op grond van die volgende kriteria: 5% aan persone met gestremdhede; 15% aan persone ouer as 60 jaar; 7,5% aan plaaswerkers. Die res van die huise sal toegeken word aan persone wat die langste op die waglys geregistreer is, insluitend agterplaasbewoners. Die ontwikkeling sal ook militêre veterane akkommodeer.
Frustrasie
Inwoners van Rosedale-plakkerskamp is steeds hoopvol dat hulle vir hierdie behuisingsgeleentheid in ag geneem sal word. Sommige, soos Elsie Olivier, wag al vir 27 jaar vir 'n huis van haar eie. Sy woon tans in Rosedale-plakkerskamp en droom van 'n plekkie in die Erf 325-ontwikkeling.
Administratiewe probleme by die munisipale behuisingsafdeling steek egter telkens kop uit. Klagtes van diegene wat wag vir huise sluit in probleme met aansoekdatums.
'n Huisaansoeker, Amoreen Belelie, beskik tans oor twee kaartjies wat sy by die behuisingsafdeling ontvang het. Die datums op die kaartjies, vir 'n eerste aansoek, verskil met drie jaar.
Munisipale direkteur van menslike nedersttings, Charles Lubbe, het verduidelik dat 'n besluit op 18 Maart 2014 deur die menslike nedersettingskomitee geneem is wat bepaal dat ‘n vroeër datum aan begunstigdes toegeken mag word indien skriftelike bewys gelewer kan word. "Vanuit die bewyse op die waglyskaartjies in die hande van Me Belelie se ma [sien foto] is dit duidelik dat ‘n vroeër aansoekvorm bekom is. Begunstigdes word egter versoek om die behuisingskantore te besoek om die aangeleentheid te ondersoek," het Lubbe gesê.
Die pragtige Flisp-huise by die Erf 325-ontwikkeling in Rosedale wag vir eienaars. Die voltooide huise staan al vir meer as 'n jaar lank leeg, onder meer as gevolg van die Outeniqua-watersuiweringswerke wat maksimum kapasiteit bereik het.
Q&A with Western Cape Minister of Human Settlements Tertuis Simmers:
Last time you mentioned that first FLISP houses will be handed over to the beneficiaries by Christmas. What is the progress in this regard?
The Department working very closely with the municipality still has every intention to hand over the first units by Christmas. The challenge we are experiencing currently is that the Outeniqua Waste Water Treatment Works has reached its capacity and augmentation is required before any new development is connected to the sewer system. The department has made funding available towards the augmentation of the sewer system and the contractor was appointed by the municipality to commence with the construction. Unfortunately the municipality has had to terminate the contract due to poor performance, which is causing some delays.
The department in partnership with the municipality is currently exploring other options which would enable us to augment the sewer system in order to enable sewer connections for the handovers.
An estate agent has been appointed to commence with the sales of the units. A total of 243 beneficiaries have been pre-approved and one of the activities of the estate agent is to assess the status of the approvals as some of them may have been affected by the Covid-19 pandemic.
What is the progress with RDP (BGN) houses?
The entire phase 1 of 1 247 units is scheduled to be completed by May 2021 and 842 are being electrified and on track for completion by December 2020.
Do you have any idea who will get houses? Who compiled the list?
The George Municipality is responsible for beneficiary administration and will allocate houses in terms of the council resolution and based on the following criteria:
- 5% of the opportunities will be allocated to persons with disabilities
- 15% to persons older than 60 years
- 7,5% to farm workers
The remainder of opportunities will be awarded to persons who are registered the longest on the waiting list, including back-yarders.
Furthermore the development will accommodate military veterans.
Maria Pietersen (61) woon al jare in Rosedale informele woonbuurt. By haar is klein Wayne Solomons (6). Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'