Update
OPVOLG: GEORGE NUUS - Die groepe van New Dawn Park, Lawaaikamp en Rosedale wat vanmiddag aan protesaksies in Beachweg deelgeneem het, het die toneel verlaat en is oppad terug huistoe.
Van die New Dawn Park inwoners het gesê hulle gaan nou verder bou op die stuk grond langs die laerskool waar daar reeds drie onwettige strukture opgerig is.
Die pad is tans oop vir verkeer en die polisie en verkeersbeamptes het van die toneel onttrek.
Die rede vir vanmiddag se protesaksie spruit glo uit n afspraak wat George- burgemeester Melvin Naik met die belangegroep van New Dawn Park gemaak het. Volgens 'n tradisionele leier, Stanley Laminie, sou Naik hulle vanoggend om 10:00 kom sien by die terrein. Die afspraak is later glo geskuif na 12:30, na 'n oproep van die burgemeesterkantoor ontvang is. Toe Naik nie opdaag nie het die inwoners onrustig geraak en navraag gedoen waarna hulle ingelig is dat die burgemeester nie gaan kom nie.
Die munisipale woordvoerder het vroeër by navraag gesê daar was geen vergadering gereël nie.
Lees vorige artikels:
- Meer inwoners sluit aan by optog in Beachweg
- New Dawn Parkers te voet na munisipaliteit
- Opvolg: New Dawn Park-protesaksie
- Hofbevel op ys
- Belangegroep en amptenare koukus
- Belangegroep vra opstokers om te bedaar
- Onderburgemeester vergader met belangegroep
- Opvolg: Protesaksie in New Dawn Park
- Protesaksie in New Dawn Park
Van die strukture wat reeds opgerig is.
Inwoners bou verder.
Verskeie strukture is reeds opgerig.
Inwoners slaan strukture op.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'