TUINROETE NUUS - Herold se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en polisie het tydens Vrouedag uitgereik na vroue in landelike gebiede by die Thusong-sentrum in Waboomskraal.
Sowat 120 vroue van verskeie plase in en om Herold en Waboomskraal het die geleentheid bygewoon.
Die vroue is bederf met 'n heerlike ete en geskenkpakkies terwyl geleentheidsprekers hulle bemoedig het.
Herold is ’n landelike area en die vroue staar daagliks hul eie sosio-ekonomiese uitdagings in die gesig.
Sowat 120 vroue het byeengekom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’