Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Lede van Pacaltsdorp-polisie en die plaaslike biblioteek het op Donderdag 22 Maart uitgereik na leerders van Delvillepark Primêr.
Tydens dié bewusmakingsgeleentheid is leerders meer oor die gevare van dwelms geleer.
Adjudant-offisier Martin Peterse van die K9-honde-eenheid, en sy hond Roxy, het die kinders gewys hoe hulle enige dwelms binne sekondes kan uitsnuffel, terwyl sers. Shadelle Fisher en sers. René Bezuidenhout die leerders met 'n poppekas vermaak het.
Die tema van die poppekas was, My Lyfie en die handpoppe, Wynand en Soekie, het die jong leerdertjies laat verstaan dat hulle nie negatiewe dinge wat dalk met hulle gebeur, geheim moet hou nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'