GEORGE NUUSFLITS - Plaaslike modeontwerper, Austin Lee (21), was verheug toe hy onlangs hoor dat hy een van die finaliste is wat sy modereeks by die 2017 Nelson Mandelabaai Modeweek (NMBFW) vanaf 12 tot 15 Oktober in Port Elizabeth gaan vertoon.
Lee sê hy het in Maart vanjaar teen ander ontwerpers by die 'Bay Fashion Sundays' in Port Elizabeth meegeding.
Die organiseerders was beïndruk met sy ontwerpe en het hom aangemoedig om 'n portefeulje in te handig vir NMBFW.
Noudat sy portefeulje goedgekeur is, sê hy dit voel onwerklik.
"Om deel te wees van 'n geleentheid soos NMBFW is iets waarvan ek nog altyd net gedroom het.
"Ek sou net nooit kon dink dat daardie droom op so 'n jong ouderdom waar sou word nie.
"Dit is die begin van groot dinge vir my besigheid wat ek tans van die huis af bedryf."
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'