Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Alles patat en heerlike disse was die orde van die dag tydens die jaarlikse Pacaltsdorp patat kompetisie, Woensdag 27 Desember, by die verkeersdepartement parkeerarea in Missionstraat, Pacaltsdorp.
Die beoordelaar tydens die geleentheid was George sy bekende sjef Francois Ferreira, hoof van die Francois Ferreira Academy, wat in sy loopbaan geregte vir presidente voorberei het, van PW Botha tot Nelson Mandela.
"Disse wat jy met patat kan voorberei is eindeloos.
"Jy kan patatbrood, soetkoet, bredies, slaai en sop daarmee maak.
"As jy kreatief is kan jy enigeiets met patat doen. Patat is ongelooflik gesond" sê Ferreira.
Mona Olieslaager se Ghoebaha khoi-patat slaai was as die wenner dis aangewys.
"Die Ghoebaha khoi patat slaai is 'n hoogs aanbeveelde en gerespekteerde resep," sê Olieslaager.
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD-JOERNALIS
VIDEO & FOTO'S: MYRON RABINOWITZ, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'