Gallery
GEORGE NUUS - 'n Klein groep inwoners van die New Dawnpark-buurt het Sondagmiddag gretig gebruik gemaak van 'n geleentheid om klagtes oor Pacaltsdorp-polisiestasie se dienslewering persoonlik teenoor die stasiebevelvoerder, kol. Hans Blaauw te lug.
Dit was tydens 'n vergadering wat deur die Pacaltsdorp-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in samewerking met die polisie by New Dawn Park Primêr gehou is met die doel dat inwoners hul griewe kon kom lug.
Inwoners wat hul menings gelug het, was duidelik keelvol vir misdadigers wat toenemend hulle veiligheid en lewenskwaliteit bedreig.
FOTOGALERY: New Dawnpark-buurt gesels met Pacaltsdorp Polisie
Die gevoel was dat trae dienslewering deur die polisie daartoe bydra dat geen vordering gemaak word met misdaadbekamping nie. Een belangrike vraag was hoeveel voertuie en polisielede die stasie het, maar daardie vraag is nie Sondag deur die kolonel beantwoord nie.
Lees Donderdag meer in die George Herald en aanlyn.
Voorsitter van Pacaltsdorp se GPF, Charly Daman, aan die woord. Foto's: Alida de Beer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’