Dean Barnard, ook ‘n boer in Waboomskraal, het vandag bevestig dat die boere deurentyd agter die brandweer gehelp het om die brand te bestry. “Ons [die boere] het nie self voorbrande gemaak nie, net gehelp om hout na binne te gooi en gesorg dat die gebrande gedeeltes nie weer opvlam nie,” het hy gesê.