Update
GEORGE NUUSFLITS - Die dokter wat Vrydagmiddag deur ‘n pasiënt by die Pacaltsdorp-kliniek aangerand is, sterk tans in die Mediclinic George aan.
Die vrou, in haar vroeë dertigerjare, het ernstige beserings aan haar gesig opgedoen en is in die waakeenheid opgeneem.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid Kaapse-polisiewoordvoerder, is sy tans buite gevaar.
Die verdagte, vermoedelik ‘n geestesversteurde pasiënt, het die dokter tydens ‘n besoek aan die kliniek met ‘n boutroffel onder haar oog gesteek.
Die dokter het om hulp geskree en die pasiënt het hom uit die voete gemaak.
Toe ER24-nooddienste op die toneel aankom, het sy op 'n bed in 'n konsultasiekamer gelê.
Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.
Lees 'n vorige artikel: Woman assaulted at clinic
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'