Na wat verneem word het die man deur 'n glasvenster op die tweede vloer gespring en 'n vloer ver op 'n dak beland. Hy het ligte beserings en skrape opgedoen.
Reddingswerkers van Metro-nooddienste was gou op die toneel en het 'n leer gebruik om die man op die dak te hulp te snel en te gestabiliseer.
Nadia Ferreira, woordvoerder van die departement van gesondheid, het vandeesweek gesê die man het slegs ‘n paar skrape opgedoen en omdat hy ten tyde van die voorval reeds gereed vir ontslag was, is hy nie weer opgeneem nie. "Ons is nie seker hoekom die pasiënt opgetree het soos hy het nie," het sy gesê.