Update
GEORGE NUUS - Niemand, behalwe twee honde, was Maandag 13 November tuis toe 'n brand 'n huis in Meentstraat, Heatherpark vernietig het nie.
Die eienaar was ten tyde van die voorval in Oudtshoorn en is deur bure ingelig dat die huis aan die brand is. Sy het toe na George teruggekeer.
Haar honde, wat op die erf was, is danksy flinke optrede van 'n tuinier, wat laer af in die straat gewerk het, en 'n buurman, Karl Rohrbeck, gered en na veiligheid geneem.
Rohrbeck en die tuinier het kort voor 11:00 rook by die een venster gesien en het daarin geslaag om die voorste hek oop te forseer. Dit was nie lank nadat beurtkrag om 10:00 geëindig het nie.
Rohrbeck het dadelik die brandweer gebel, wat 'n kort rukkie later op die toneel was.
Dik rookwolke het in die lug gehang en kon etlike kilometer ver gesien word.
FOTOGALERY: Double storey house destroyed in fire
Teen omstreeks 12:00 was die brand grotendeels onder beheer. Benewens die brandweer was die polisie en wetstoepassingsbeamptes ook op die toneel.
Debra Sauer, woordvoerder van die George-munisipaliteit, het gesê die George-brandweer het om 10:54 'n oproep ontvang dat 'n huis in Meentstraat brand.
"Ons kan bevestig dat 'n dubbelverdieping woonhuis totaal vernietig is in die brand."
Niemand is beseer nie en teen 13:50 was die brandweer se taak afgehandel.
Die toneel Maandagoggend in Meentstraat.
Die toneel Maandagoggend in Meentstraat. Foto: Eugene Gunning
Vorige artikel: Huis in brand beskadig
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’