GEORGE NUUS - Een ding wat almal gedurende die grendeltyd goed kan doen is planne maak. Een van hierdie dinge is die reël van ’n ‘baby shower’ wat nie meer kan plaasvind nie.
Maar Saterdagoggend het familie en vriende mekaar om 11:00 by die parkeerarea oorkant Akeso gekry en ingeval by die ry karre met pienk strikkies en balonne om voor Francisca Zaaiman se huis verby te ry.
Sy het eintlik ‘gewag’ dat haar ma haar winkel toe moet neem en dié was klaarblyklik so haastig dat sy sommer buite moes wag. Sy was gestewel en gespoor vir die winkel-uitstappie.
Groot was haar verbasing toe motors met pienk strikke, balonne, baniere en toeters in die straat afkom. Karre het vinnig gestop en geskenkies vir haar ooievaarstee buite op die sypaadjie afgelaai.
Daar was ongelukkig geen sprake van winkel toe gaan nie.
As blyk van waardering het deelnemers elkeen 'n pienk Steri Stumpie met 'n dankienota gekry.
Die wat nie die geleentheid kon meemaak nie het hul geskenkies gepos of iewers afgelaai.
Die karre wat deel van die konvooi was.
As blyk van waardering het deelnemers elkeen 'n pienk Steri Stumpie met 'n dankienota gekry.
Een van die voertuie in die konvooi.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'