GEORGE NUUS - Die identiteit van die oorledene wie se ontbinde liggaam Saterdag 27 Julie langs die rivier in die park by die Van Riebeeck-tuine op die hoek van Jan van Riebeeck- en Jakarandastrate gevind is, is nog onbekend.
'n Hawelose het op die toneel afgekom en die polisie in kennis gestel.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoord-voerder, kapt. Malcolm Pojie, het die polisie 'n vermoede wie dit kan wees, maar die identiteit kan in hierdie stadium nie bekendgemaak word nie.
"Ons kan ongelukkig nie die identiteit aan die media bekendmaak alvorens ons nie die familie in kennis gestel het nie," sê hy. Indien enigiemand 'n vriend of familielid vermis of dalk weet wie die persoon mag wees, moet hulle dit asseblief by die George-polisiestasie aanmeld.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'