GEORGE NUUS - 'n Rommelstrooier van Bos en Dal moes vroeg Maandagoggend les opsê na buurtwaglede hom uit sy bed gaan haal het om rommel wat hy onwettig in Groeneweidepark gestort het, op te tel.
Volgens Groeneweidepark se buurtwagvoorsitter, Browen Johnson, kon hulle Sondagmiddag, 14 Junie, op geslotekringtelevisiebeeldmateriaal sien hoe die persoon sy swart sakke naby 'n beboste gebied in die woonbuurt, aflaai.
"Deur gebruik te maak van ons WhatsApp-groepe en ander sosiale media-platforms, kon ons daarin slaag om die man kort na middernag op te spoor waarna ons hom by sy huis gaan wakkerklop het," vertel Johnson.
Johnson en 'n medebuurtwaglid, JP Piekaan, het die man tot by sy gestorte rommel vergesel om seker te maak hy tel alles op.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'