Update
GEORGE NUUS - Die man wat daarvan verdink word dat hy in 2017 sy vriendin vermoor het, het gister, Maandag 19 November, in die Thembalethu-streekhof verskyn.
Marshall Campbell (30) word daarvan aangekla dat hy Mynéll de Jongh (28) op 26 Maart in 'n huis in Hurterstraat, Rosemoor, vermoor het.
Sy het vermoedelik doodgebloei ná sy in haar skouer en kuit, waar die slagaar raakgesny was, gesteek is.
Campbell is op die toneel in hegtenis geneem en is in Junie daardie jaar op borgtog vrygelaat.
Sy verhoor begin in alle waarskynlikheid op 17 Januarie.
Lees vorige artikels hier:
- Moordverdagte het 'nie gevlug nie'
- Polisie op soek na moordverdagte
- Mans voor vir vriendinne se moord
- Jong ma's glo deur kêrels vermoor
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'