Update
GEORGE NUUS - Onwettige grondbesetters in Seaview het Dinsdag in die George-landdroshof verskyn. Dit volg nadat die George-munisipaliteit aansoek gedoen het om 'n uitsettingsbevel.
Die aansoek deur George-munisipaliteit word egter deur die groep grondbesetters van Moeggeploeg, soos die area bekendstaan, teengestaan. Die volgende hofdatum vir hul verskyning is 21 Mei.
Dirk Goussard tree op namens George-munisipaliteit, en adv. Gert van Niekerk, 'n George-raadslid van die Vryheidsfront Plus, verteenwoordig die grondbesetters. Die plakkerskamp waar die groep tans onwettig munisipale grond beset, het sowat drie weke gelede in Bluegumstraat, Pacaltsdorp, verrys. 'n Gebrek aan munisipale dienste en behuisingshulp het blykbaar die groep agterplaasbewoners genoop om hul eie huisvesting te bekom. Tans is daar meer as 100 mense wat in plakkershutte op die stuk grond in Bluegumstraat woon.
Volgens Van Niekerk is sy party om hulp genader. "Die VF Plus is onherroeplik verbind tot die bevordering van die regte van alle gemeenskappe in Suid-Afrika, gebind deur 'n gemeenskaplike taal en kultuurerfenis.
Adv. Gert van Niekerk, 'n George-raadslid van die Vryheidsfront Plus, verteenwoordig die grondbesetters.
"Hulle is op die oomblik herderloos en hulle het nie geld vir regsverteenwoordiging nie. Daar is niemand wat na hulle wil omsien nie. Hulle is die afgelope tyd deur vele politieke opportuniste besoek, maar nog steeds sonder hulp gelaat. Ons het op die agtergrond gebly, maar ons is genader deur die gemeenskapsleiers van Pacaltsdorp wat bewus is van ons verbintenis met die bruin belange beweging."
'n Lid van die Moeggeploeg-komitee, Lorenzo Bredenkamp, het by navraag gesê hulle wil nie op hierdie stadium kommentaar lewer oor die situasie nie.
Polisie op die toneel verlede Dinsdag, 12 Maart, tydens die afbreek van plakkerhutte in Bluegumstraat, Seaview. Foto's: Michelle Pienaar
Lees vorige artikels hier:
- Nog protesaksie in Proteastraat
- Update: Protests in George
- Grondbesetters bid vir hulp van Bo
- Onderwysers het nié gevlug
- New Dawn Park nou rustig
- Bande brand weer in Proteastraat
- Seaview vat blaaskans na protesaksie vanoggend
- Illegal squatters block Beach Road
- Tyres set alight in Pacaltsdorp
- Polisie onttrek van toneel in Bluegumstraat
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'