Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Daar was groot opgewondenheid vanoggend by Tuiniqua Versorgingsentrum toe elke bejaarde dame 'n plantjie en 'n stukkie koek as deel van Moedersdag-vieringe ontvang het.
Alani Voigt, sentrum bestuurder, het gesê dis 'n jaarlikse instelling by Tuiniqua. "'n Ma se rol om kinders groot te maak staan aan die fondasie van die samelewing. Hierdie is 'n geleentheid om vir die moeders van moeders dankie te sê vir die opofferinge wat hulle maak.
"Hier is dames wie se kinders in die buiteland is en ver woon. Die kinders kan nie self vandag hier wees om hul ma's te bederf nie."
VIDEO: Moedersdag-vieringe by Tuiniqua Versorgingsentrum
VIDEO: Marina Duvenhage van Tuiniqua gesels met ons
Van die koeke wat spesiaal vir inwoners gebak is.
AfriForum Jeug George het ook nie vergeet van die bejaarde dames van Tuiniqua. Hulle het koek en proteas wat deur Kemp Myburgh geskenk is, uitgedeel. Van links: Mark van Dam, Keani Snyman, Jana Naudé en Enrique Snyman.
Die bejaarde dames het ook 'n plantjie ontvang wat in die tuine van Tuiniqua gekweek is. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'