Update Video
OPVOLG: GEORGE NUUS EN VIDEO - Inwoners van Syferfontein en Rosedale is oppad om aan te sluit by die optoggangers van New Dawn Park.
James Smith van Syferfontein het gesê dis belangrik dat hulle almal saamstaan, want almal van hulle het dieselfde kwessies met behuising en dienslewering.
Smith en 'n groep Syferfonteiners, sowel as inwoners van Rosedale, gaan by die verkeersligte in Beachweg, voor die ingang na Rosedale, by die optoggangers aansluit.
Volgens Smith is hulle nie van plan om na die munisipale geboue te stap nie, maar het hulle eerder ten doel om die owerheid se aandag te trek deur die pad te versper.
Gedeelte van die pad is oop en motoriste kan in en uit Pacaltsdorp beweeg. Optoggangers staan langs ingang na Dellvillepark.
Kyk 'n video hieronder:
Lees verwante artikels:
- New Dawn Parkers te voet na munisipaliteit
- Opvolg: New Dawn Park-protesaksie
- Hofbevel op ys
- Belangegroep en amptenare koukus
- Belangegroep vra opstokers om te bedaar
- Onderburgemeester vergader met belangegroep
- Opvolg: Protesaksie in New Dawn Park
- Protesaksie in New Dawn Park
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'