GEORGE NUUS - 'n 40-jarige man, Marius Hufke, het Maandag 23 Julie in die George-landdroshof verskyn in verband met sy meisie se moord in Rosedale Saterdagaand.
Hufke en sy meisie, Gertruida Malgas (38) was na bewering in 'n rusie betrokke waarna hy haar doodgesteek het.
Die oorsaak van die rusie is onbekend.
Die voorval het omstreeks 20:30 in Eve-singel plaasgevind.
Malgas het 'n steekwond aan die regterkant van haar nek gehad en beserings aan haar mond.
Hufke verskyn weer volgende Maandag, 30 Julie vir sy borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'