Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar is 'n sêding, 'Buig die boompie terwyl hy jonk is'. In 'n voorval gister (Woensdag 11 Oktober) is ‘n paar jong daggaplantjies geknak om doodseker te maak hulle groei nie weer nie.
Lede van die Outeniqua-honde-eenheid, Pacaltsdorp-polisie en 'n spesiale eenheid van die polisie se misdaadbeheer het toegeslaan op ‘n gemeenskaplike groentetuin in New Dawn Park waar daar op enkele plantjies beslag gelê is.
Ao. Martin (Sweetie) Pieterse en sers Gaston Jacobs het die plantjies in die groentetuin uitgetrek. Die res van die plantasie is glo vroeër deur die kwekers verwyder.
Kapt. Lorraine Coetzee van die Pacaltsdorp-polisie het by navraag gesê ‘n 20-jarige man is aangekeer met 14 stoppe dagga en ‘n klein plastieksak met los dagga. Hy het ook klein plantjies in sy besit gehad. Die verdagte sal môre in die George-landdroshof verskyn.
Die voorsitter van die Pacaltsdorp GPF Charlie Daman en PBI-raadslid Virgill Gericke, het hulle sterk uitgespreek teen die voorval. Gericke voer aan dat die area 'n broeines van kriminele aktiwiteite is.
Volgens Daman word die kwekers al 'n geruime tyd dopgehou en word daar gereeld handel gedryf met dagga. Wyksraadslid Cecil Noble was ook op die toneel. Sien 'n video waar die eienaar van die plantjie oor die voorval praat.
Kyk 'n video hieronder.
Lede van die Outeniqua-honde-eenheid, Pacaltsdorp-polisie en 'n spesiale eenheid van die polisie se misdaadbeheer het toegeslaan op ‘n gemeenskaplike groentetuin.
Van die dagga wat gekry is.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALLIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'