GEORGE NUUS - ‘n Onderwyseres van Hoërskool Parkdene is gisteroggend (Maandag 29 Oktober) na bewering deur een van haar leerders aangerand nadat sy die seun (15) oor ‘n hoed wat hy gedra het, aangespreek het. Sy wou glo die hoed afhaal waarna die seun haar met die vuis in die gesig geslaan het.
Die onderwyseres het die skool met ‘n bebloede gesig verlaat en vir mediese behandeling gegaan.
Na verneem word, is die leerder (15) se ouers en die polisie die middag na die skool ontbied.
‘n Navraag hieroor is aan die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) stuur, vanwaar dit na die minister van onderwys se kantoor verwys is. Hul kommentaar asook kommentaar van die polisie word afgewag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'