GEORGE NUUS - Huis JJ Watson se volgende maandelikse fondsinsamelingsverkoping word gehou op Woensdag 27 Maart en besoekers word genooi om die gesellige geleentheid te kom ondersteun.
Dit word van 08:00 tot 12:00 by die tehuis gehou op die hoek van Cradock- en Fitchatstraat (oorkant NG Kerk George-Suid en JJ Watson-slaghuis).
Daar is 'n teetuin waar besoekers kan ontspan en koffie en tee asook iets te ete geniet.
Daar sal heerlike kerrie en rys (R30), pannekoek (R7) en basaarpoeding (R15 per bakkie) te koop wees asook oulike verrassingspakkies (lucky packets - R25) vir kinders en pragtige handgemaakte kinderhandsakkies (R25).
"Kom en geniet ‘n oggend in ons teetuin en kyk watter nuwe voorraad is daar in ons winkel. Daar is baie goeie gehalte mans- en damesklere, skoene, witolifante, ornamente, breekware en vele meer.
"Ons het ook ‘n groot verskeidenheid boeke wat ons teen slegs R10 vir twee verkoop," nooi Laetitia Dysel, een van die organiseerders.
"Huis JJ Watson wil graag die gemeenskap van George bedank vir hul ondersteuning met die maandelikse verkoping. Julle ondersteuning word baie waardeer," sê Dysel.
Die verkopings is 'n inisiatief van 'n groep vrywilligers wat JJ Watson help om broodnodige fondse in te samel.
Pragtige handgemaakte handsakkies vir meisies sal te koop wees.
Verras jou kind met 'n oulike verrassingspakkie ('lucky packet').
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’