GEORGE NUUS - Die jaarlikse George Kudde-evaluering wat op Vrydag 30 Augustus tydens die George-landbouskou gehou is, was weereens 'n groot sukses.
Gus du Toit (jr.) van Grootfontein, Herold was die algehele wenner in die Merino-afdeling en Petra du Toit van Buffelsfontein, Mosselbaai die algehele wenner in die Dohne Merino-afdeling.
"Dit was die 35ste keer dat die geleentheid aangebied is en wat 'n wonderlike prestasie vir hierdie streek en sy skaapboere om hierdie dag so goed te ondersteun onder moeilike omstandighede," sê Christo Fourie, die skou se visepresident.
Daar was weer twee groepe onder beoordeling - Merino's en Dohne Merino's - en 10 deelnemers het elk agt ooie (lammers of tweetand) ingeskryf wat vooraf op plase uitgesoek is. Die kompetisie tussen deelnemers was vanjaar baie sterk en die punte tussen ooie het min verskil.
Die 2019-wenners in die kudde-evaluering, van links, agter: Gawie van Wyk (NWKV - Carnarvon), Pieter Aucamp (BKB skaap en woladviseur - Mosselbaai/Riversdal), Gus du Toit jr (Grootfontein - Herold), Werner Olivier (BKB - woltegniese bestuurder), Petra du Toit (Buffelsfontein - Mosselbaai), Thys du Toit (Buffelsfontein - Mosselbaai), Hennie Senekal (BKB lewende hawe - Mosselbaai/Riversdal) en Corné Nel. Voor: Nkosinathi Richard Dladla (Grootfontein - Herold) en Henry Meyer (Pleasant View)
Die uitslae was soos volg:
Merino's
- Algehele wenner: Gus du Toit (jr.) - Grootfontein, Herold
- Tweede: Willie Oosthuizen - Môreson, Albertinia
- Beste Wol: Willie Oosthuizen - Môreson, Albertinia
- Tweede: Cavert Barkhuizen - Aorta Boerdery, Noll
Beste Bouvorm:
- Gus du Toit - Grootfontein, Herold
- Andre de Jager - Swartklip, Albertinia
Beste Ooi:
- Willie Oosthuizen - Môreson, Albertinia
- Gus du Toit (jr.) - Grootfontein Herold
Beste Kortwolgroep:
- Cavert Barkhuizen - Aorta Boerdery, Noll
- Gawie van Deventer - Klipfontein, Albertinia
Beste Vordering:
- Gus du Toit (jr.) - Grootfontein, Herold
- Willie Oosthuizen - Môreson, Albertinia
Diere van topgehalte is vertoon by die kudde-evaluering. Van die deelnemers en wenners is, van links, agter: Bennie Pienaar, André de Jager, Pieter Aucamp, Gus du Toit (Merino-afdeling: wenner), Werner Olivier, Thys du Toit, Willie Oosthuizen en MC Campher. Middel: Ilze Pienaar, André de Jager jr, Petra du Toit (Dohne Merino afdeling: wenner), Gawie van Deventer, Hennie Senekal en Corné Nel. Voor: Erich Hough, Johan Coetzee, Nkosinathi Richard Dladla, Henry Meyer en George van Reenen.
Dohne Merino's
Algehele Wenner:
- Petra du Toit - Buffelsfontein, Mosselbaai
- Johan Coetzee - Lamont Boerdery, Mosselbaai
Beste Wol:
- Petra du Toit - Buffelsfontein, Mosselbaai
- George van Reenen - Ganzekraal, Herold
Beste Bouvorm:
- Johan Coetzee - Lamond Boerdery, Mosselbaai
- Petra Du Toit - Buffelsfontein, Mosselbaai
Beste Ooi:
- Petra du Toit - Buffelsfontein, Mosselbaai
- Johan Coetzee - Lamont Boerdery, Mosselbaai
Beste Kortwolgroep:
- Ilze Pienaar - Kleinberg, Mosselbaai
- Johan Coetzee - Lamont Boerdery, Mosselbaai
Beste Vordering:
- Johan Coetzee - Lamont Boerdery, Mosselbaai
- Ilze Pienaar - Kleinberg, Mosselbaai
Die Dohne Merino's is beoordeel deur Corné Nel, skaap- en woladviseur van BKB van Beaufort-Wes, en die Merino's deur Gawie van Wyk, NWKV (Nasionale Wolkwekersvereniging) Carnarvon. Werner Olivier en Hennie Senekal van BKB het die punte verwerk.
Pieter Aucamp en Hennie Senekal van BKB Mosselbaai / Riversdal asook MC Campher van BKB Lewende Hawe van George het gehelp met reëlings en Gerhard du Toit van BKB Skeerdiens het die dag afgesluit met 'n skeerdemonstrasie wat almal baie geniet het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'