GEORGE NUUS - Die Khoi-raad van Pacaltsdorp is besig om riethutte op te rig ter bewusmaking van Erfenisdag op 24 September. Stamhoof Stan Lamini en stamvrou Blanche Benjamin sit hand by by die oprigting van die hutte.
Een word opgerig by Sandkop langs die toerisme sentrum in Pacaltsdorp, een by die amfiteater en een by die sportveld waar die verrigtinge Dinsdag gaan plaasvind.
Volgens die Khoi-raad gaan hulle reeds Maandagaand die vredesvure by Sandkop aansteek en vra dat almal Dinsdagoggend by die amfiteater in Missionstraat bymekaar moet kom, voor daar na die sportveld beweeg word.
Die bewusmaking van die Khoi-kultuur gaan inskakel by die Erfenisdagvieringe waar inheemse spele gespeel gaan word.
Stamvrou Blanche Benjamin besig om hand by te sit by die oprigring van 'n hut.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'