Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad, die Valke, is vanoggend besig met 'n klopjag by George-munisipaliteit.
Die George Herald verneem die Valke het 'n bevel bekom by die Kaapse Hooggeregshof vir die deursoeking-en beslagleggingsproses.
Die George Herald verneem ook dat daar op verskeie senior amptenare se skootrekenaars en hardeskywe beslag gelê is.
Dit vorm glo deel van onder andere 'n forensiese ondersoek wat Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, van stapel gestuur het.
Kyk 'n video hieronder.
Personeel van SAUK wag kameragereed buite George-munisipaliteit om die Valke af te neem wanneer hulle die gebou verlaat.
Lees die nuutste hier: Update: Hawks raid George Municipality
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'