GEORGE NUUS - Kersfees word binnekort gevier en die gewilde jaarlikse Kersete vir Huishulpe is weer op hande.
Dié geleentheid is om dankie te sê aan die spesiale vroue wat in mense se huise werk.
Hierdie jaar sal daar weer twee datums wees waaruit vroue kan kies. Op Woensdag 4 Desember en Donderdag 5 Desember gaan hulle getrakteer word op ‘n spesiale middagete.
Die spyskaart bestaan uit ‘n burger en skyfies, met roomys en koeldrank, teen slegs R100 per persoon.
Geronimo Spur is die afgelope 10 jaar deel van hierdie spesiale projek en bederf die vroue elke keer met heerlike kos teen ‘n baie spesiale prys. Vanjaar vind die geleentheid weer by Geronimo Spur in Yorkstraat plaas. Die verrigtinge begin om 14:00.
Daar is beperkte plek en bespreking is noodsaaklik.
Verskeie werkgewers koop vir hulself ook ‘n kaartjie om heerlik saam te kuier met hul huishulp. Die organiseerder van die geleentheid, Juanita Myburgh, moedig dit sterk aan. "Hierdie is ‘n ideale geleentheid om die spesiale vrou wat vir jou werk te bederf - so moet dit nie mis nie," nooi sy.
Kaartjies is te koop by die Spur of kontak Juanita by 083 452 1773 om 'n plek te bespreek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'