GEORGE NUUS - Binnekort is dit Kersfees en die gewilde Kersete vir Huishulpe is weer op hande.
Die laaste paar jaar reël 'n groepie vroue 'n heerlike ete om dankie te sê aan die spesiale vroue wat in hul huise werk.
Die gewildheid van die lekker geleentheid neem elke jaar toe en verlede jaar was daar meer as 200 vroue saam. Hierdie jaar sal daar weer twee datums wees waaruit vroue kan kies. Op Woensdag 5 Desember en Donderdag 6 Desember gaan vroue getrakteer word op 'n spesiale Kersmiddagete.
Die spyskaart bestaan uit 'n burger en skyfies, met roomys en koeldrank, teen slegs R100 per persoon. Geronimo Spur is die afgelope vyf jaar deel van hierdie spesiale projek en bederf die dames elke keer met heerlike kos teen 'n baie spesiale prys.
Vanjaar vind die geleentheid weer by Geronimo Spur in Yorkstraat plaas en die middag se verrigtinge begin om 14:00. Daar is beperkte plek en bespreking is noodsaaklik. Verskeie werkgewers koop vir hulself ook 'n kaartjie om heerlik saam met hul huishulp te kuier. Hierdie is 'n ideale geleentheid om die spesiale vrou wat vir jou werk te bederf - so moet dit nie mis nie.
Om kaartjies te koop, bel vir Anita by 081 599 9034 of Juanita by 083 452 1773.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'