Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Hardebaard motorfietsryers van verskeie klubs het verlede Saterdag hul koppe kaal geskeer en gekleur ter wille van persone wat deur kanker geaffekteer word. Sommige het sommer hul baard ook opgevrolik.
Dié inisiatief deur Coded-motorfietsklub is goed ondersteun deur die lede se familie en vriende. Die haarskeer en kleur het by De Barbier-haarsalon in die Paddagat-winkelsentrum plaasgevind.
Van die klubs wat hul ondersteuning gebied het sluit in Ulysses, Christian Motorcycle Association CC Ryders en Hawks.
Volgens die president van Coded, Johann van Tonder, word die fondse vir Kansa ingesamel.
Kyk 'n video hieronder:
Dié inisiatief deur Coded-motorfietsklub is goed ondersteun deur die lede se familie en vriende.
Coded-motorfietsklub se president, Johann van Tonder, "gaan rooi" vir kanker. Ami Johnson, mede-eienaar van De Barbier by Paddagat-winkelsentrum, deel in die pret. Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'