GEORGE NUUS - Een baan in Kaaimanspas was vandag gesluit weens pogings om 'n voertuig te verwyder wat in die vroeë oggendure vanoggend, Vrydag 31 Desember, by Dolphin's Point oor die afgrond gestort het.
Die voertuig is na die padoppervlak teruggebring en die pad is weer heeltemal oop.
Volgens sers. Chris Spies, woordvoerder vir die SAPD in die Suid-Kaap, het die voertuig in George se rigting gery toe dit die kantreling getref en oor die rand van die afgrond getuimel het. Die bestuurder het slegs geringe beserings opgedoen.
Pogings om die wrak te verwyder, is steeds aan die gang.Volgens Spies is geen verdere inligting oor die ongeluk op hierdie stadium beskikbaar nie.
In nog 'n padongeluk, in George, is twee persone met geringe beserings gistermiddag (Donderdag 30 Desember) deur Eden Events EMS hospitaal toe geneem nadat 'n motorfiets en motor op die hoek van Victoria- en Hopestraat gebots het.
Twee persone is met ligte beserings hospitaal toe geneem nadat 'n motorfiets en motor op die hoek van Victoria- en Hopestraat gebots het. Foto: Nico Strydom
In 'n ander botsing tussen twee voertuie om ongeveer 17:00 by die Glentana-kruising op die R102 is geen beserings aangemeld nie.
Insittendes van twee voertuie wat gister in 'n botsing by die Glentana-kruising betrokke was, is nie beseer nie. Foto: Nico Strydom
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'