Die welwillendheidspoging volg nadat die George Herald op Valentynsdag, 14 Februarie, 150 Spur-hamburgers en skyfies aan die leerders en opvoeders van Diepkloof Primêr in Sinksabrug uitgedeel het.
Tydens 'n video-opname is dié prokureurs as die volgende weldoeners genomineer om die weldaad aan die gang te hou.
Prokureurs Charl en Denise Marais het vertel dat hulle op JJ Watson besluit het omrede kinders gewoonlik bederf word. "Ons het gevoel om vir 'n slag nie die kinders nie, maar die ouer mense spesiaal te laat voel deur hulle 'n lekker dag toe te wens met 'n blom en 'n kolwyntjie."
Die 24 inwoners is verras en die dankbaarheid was opvallend. Een van die inwoners, Mara Germeshuysen (89) het met 'n boek en breipenne op haar skoot vertel: "Ons waardeer julle vriendelikheid en ons is dankbaar vir julle poging om ons dag spesiaal te maak." Sy het verder gesê dat sy graag bedags brei of 'n boek lees. "Julle jongspan moet aanhou lees."
Charl het glimlaggend uitgeblaker dat hulle JE Odendaal & Vennote in George asook die bestuur van Thembalethu Square vir die volgende NekNominasies uitgedaag het.
Die span van JS Marais Prokureurs glimlag vir die kamera nadat hulle 24 inwoners se harte met 'n blommetjie en 'n kolwyntjie by Huis J.J Watson vir bejaardes gesteel het. Van links: Theo Buys, Antionette Hofmeyr, Charl en Denise Marais en Inge Spence. Foto's: Henrica Veldman
ARTIKEL: HENRICA VELDMAN, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'